Moontlike verskuiwing van Agoa-forum dui vergelding aan

Die ANC-regering het kennis geneem van die brief van Amerikaanse kongreslede oor ‘n moontlike skuif van vanjaar se Africa Growth and Opportunity Act-forum vanuit Suid-Afrika. Die woordvoerder van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Clayson Monyela, sê geen besluit is nog geneem nie. Volgens die brief sal die feit dat Suid-Afrika die forum aanbied, glo implisiet sy vermeende steun vir Rusland se inval in die Oekraïne onderskryf. Die Suid-Afrikaanse ekonoom, Victor Kgomoeswana, sê dit is die eerste duidelike teken van moontlike vergeldingstappe deur die VSA: