Moontlike massa-voedselvergiftiging by Oos-Kaapse skole

Die Oos-Kaapse Gesondheidsdepartement het kommer uitgespreek oor moontlike gevalle van voedselvergiftiging by skole. Honderd-en-20 leerders is na die Frontier-hospitaal in Komani geneem nadat hulle simptome soos ʼn gejeuk, kortasemheid en koors ontwikkel het. Die departement se woordvoerder, Sizwe Kupelo, sê nog gevalle is by ʼn ander skool naby Komani aangemeld waar leerders na bewering siek geword het nadat hulle geëet het: