Moontlike belastingverligting deur SME’s Compete verwelkom

Ondernemings met ‘n omset onder 1 miljoen Namibiese dollar jaarliks sal dalk nie meer verplig word om vir BTW te registreer of opgawes in te dien indien wysigings aan die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde goedgekeur word nie. Die finansminister, Ipumbu Shiimi, het verduidelik dat die stap is om die belastingstelsel te moderniseer en vaartbelyn te maak om klein besighede te bevoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME’s Compete gesels wat die stap verwelkom.