Moolman wat SA PGA
Pieter Moolman het die Suid-Afrikaanse PGA-kampioenskap met een hou gewen om sy derde Sunshine Tour-titel by St Francis Links in die Oos-Kaap te verower. Hy het sy naam by op ‘n trofee aangebring wat reeds onder andere die name van Gary Player, Ernie Els, Nick Price en Dale Hayes dra. Die 22-jarige Barend Botha was tweede met Trevor Fisher Junior derde. Moolman sê hy is tevrede om te kon wen na hy in 2021 tweede gekom het: