Mooiweer vir Kaapse fietstoer

Fietsry: Deelnemers aan die jaarlikse Kaapstad-fietstoer kan mooiweer, hoë temperature en ‘n ligte bries verwag. Meer as 30 000 fietsryers het vir die ikoniese wedren ingeskryf, vir óf die uitmergelende 109-kilometer-afstand óf die 42-kilometer. Dit wedren begin met Tafelberg in die agtergrond. Die direkteur van die Kaapstad-fietstoertrust, David Bellairs, sê daar is meer as 30 plekke langs die roete waar toeskouers na die deelnemers kan gaan kyk en hul aanmoedig, of hulle kan die fietsryers op ‘n opsporingstoepassing volg.