Mooiplaas se mense sukkel met water
Boere en gemeenskappe in Mooiplaas, geleë noord van Tses in die Karas-streek, staar kritieke watertekorte in die gesig weens die vandalisme en die agteruitgang van waterinfrastruktuur. Die inwoners het verskeie vergaderings met regeringsamptenare en die tradisioenele owerheid gehad, maar dit was tevergeefs. Die inwoners glo vas dat hulle nie op tydelike oplossings kan staatmaak nie en is moedeloos oor die onreëlmatige rantsoenering van drinkwater van óf Keetmanshoop óf Mariental. Tans is die enigste waterbronne vir hul vee twee putte en ‘n windpomp, wat dringend na sonkrag opgegradeer moet word.