Mooi-wees sonder die naalde
Daar is gereeld allerhande metodes op die internet om gewig te verloor, neigings op TikTok vir ‘n mooi somerlyfie maar nou is daar iets nuut.
Jy blaai deur TikTok en sien hoe ‘n persoon die vreemdste gesigsuitdrukkings maak. Jy dink waarskynlik: “met watter soort vreemde neiging is almal nou weer besig?” Die antwoord? ‘n Antieke praktyk genaamd gesigjoga.
Gesigjoga is presies net dit: joga vir die gesig. “Gesigjoga verwys na gesigsoefeninge wat bedoel is om die voorkoms van jou gesigvel te verbeter deur spierversterking, verbeterde bloedvloei en sirkulasie en ontspanning,” sê dr. Brendan Camp, ‘n New York-gebaseerde dermatoloog by Medical Dermatology & Cosmetic Chirurgie sentrums.
Alhoewel die praktyk hoofsaaklik gebruik word as ‘n natuurlike alternatief vir kosmetiese prosedures soos inspuitings, bied gesigjoga ook ‘n reeks geestesgesondheidsvoordele soos stresverligting en bewustheid.
Gesigjoga, wat tipies gebruik word as ‘n teen-verouderings proses, is “om die gesigspiere te oefen en help om die verouderingsproses te vertraag of selfs om te keer,” verduidelik dermatoloog Michael Tassavor. “Ons weet lankal dat die verouderingsproses nie net die vel affekteer nie, maar ook die vet- en spierlae van die gesig.” Deur jou gesig te oefen, liggies te strek en jou gesigspiere te masseer, versterk die vel en voeg volume by. In hierdie video van Integris Health word die praktyk verduidelik en selfs ‘n metode vir jou om te probeer.