Moody’s waarsku SA oor koalisies
Die graderingsagentskap Moody’s sê Suid-Afrika sal dalk sukkel om te vorder met die land se jare lange uitdagings indien ‘n koalisieregering ná die verkiesing aan bewind kom. Meningspeilings dui daarop dat die ANC sy nasionale meerderheid op 29 Mei kan verloor en tot onder 50 persent sal daal. Dit beteken die regerende party sal ‘n koalisieregering moet vorm. Moody’s sê dit kan die moontlikheid laat ontstaan dat die beleidsrigtings van betreklik radikale partye, insluitend wat nie beleggersvriendelik is nie, ingestel kan word.