Moody’s sê SA se ekonomie is bestendig

Die Nasionale Tesourie in die buurland verwelkom die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, se opgradering van sy uitkyk op Suid-Afrika se ekonomie, van negatief tot bestendig. Moody’s sê die buurland se fiskale posisie het beduidend van die pandemie herstel. Dit is te danke aan die hoë pryse van kommoditeite, wat belastinginkomste ‘n hupstoot gegee het. Hy sê die regering se fiskale konsolidasie-maatreëls, insluitend om die groei van die staat se salarisrekening tot 1,6 persent te beperk, het ook ‘n rol gespeel.