Moody’s sê munisipaliteite moet hul skuld aan Eskom vereffen

Die graderingsagentskap Moody’s sê die Tesourie se munisipale skulverligtingsplan sal Eskom se likiditeit verbeter en befondsingsrisiko’s vir die regering verminder. Munisipaliteite skuld die kragverskaffer meer as 56 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die plan sal die agterstand van munisipaliteite se skuld aan Eskom afskryf mits hulle aan ‘n lys voorwaardes voldoen. Moody’s sê dis ook krediet-positief vir Eskom omdat dit sy balansstaat sal verstewig, druk op kontantvloei sal verlig en die risiko van niebetaling van Eskom se skuld oor die volgende drie jaar aansienlik sal verminder.