Moody’s gee afgraderings vir VSA-banke
Moody’s het die kredietgraderings van verskeie klein tot mediumgrote Amerikaanse banke verlaag en sê hy kan moontlik van die land se grootste leners afgradeer. Die agentskap waarsku dat die sektor waarskynlik getoets sal word deur finansieringsrisiko’s en swakker winsgewendheid. Moody’s het die graderings van tien banke met een kerf gesny en ses bankreuse op ‘n lys geplaas vir moontlike afgraderings. Die agentskap sê die stappe kom omdat ‘n kleiner resessie op die horison is vir vroeg volgende jaar en dit wil voorkom asof bategehalte sal afneem, met spesifieke risiko’s in sommige banke se kommersiële eiendomsportefeuljes.