Moodie sal Saterdag uitsit

Die Bulle-vleuel Canan Moodie sal weens ‘n besering nie Saterdag uitdraf in die Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Benetton op Loftus Versfeld nie. Die Springbok Wêreldbeker-wenner is beseer tydens die Bulle se sege van 26-14 oor die Haaie verlede naweek. Sebastian de Klerk is Moodie se waarskynlike plaasvervanger op vleuel. Moodie het hierdie seisoen tien drieë in 14 wedstryde vir die Bulle in al die kompetisies gedruk. Die flank Marco van Staden sal waarskynlik ook die wedstryd met ‘n besering misloop.