Moodie, Grobbelaar versterk Bulle-span teen Edinburgh

Rugby: Twee terugkerende Springbokke sal vir die Bulle diens doen in vanmiddag se wedstryd teen Edinburgh op Loftus. Vleuel Canan Moodie en haker Johan Grobbelaar, saam met die Stormers-slot, Ben-Jason Dixon, is van die nasionale Springbokgroep vrygestel voor vanmiddag se kragmeting in die Rugbykampioenskap teen Argentinië in Mbombela. Die direkteur van rugby van die Bulle, Jake White, het Moodie in die opdrafspan ingesluit en Grobbelaar op die bank met Akker van der Merwe wat die gashere aanvoer. Afskop is om drie-uur vanmiddag.