Monterey-skietery: Biden staan federale bystand toe

Amerikaanse President Joe Biden, het magtiging vir volle federale steun aan die plaaslike en staatsowerhede in Monterey Park, buite Los Angeles, toegesê. Dit volg op die polisie se ondersoek na die skietdood van tien mense die naweek in ‘n aanval by ‘n dansateljee. Die aanvaller, die 72-jarige Asiatiese man, Huu Can Tran, het homself daarna geskiet. Biden het die voorval beskryf as nóg ‘n sinnelose aanval. Monterey Park het ongeveer 60 000 inwoners, waarvan 65 persent Asiate is.