Monitor Exploration begin 2D-seismiese opname in Owambo-kom

Monitor Exploration het ‘n belangrike 2D seismiese opname in die Sentrale Owambo-kom in die noorde van Namibië begin. Die maatskappy, wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, het vroeër vanjaar ‘n ooreenkoms aangegaan met 88 Energy. Die Australië-genoteerde 88 Energy betaal vir die opname in PEL 93. Dit is ter voorbereiding van ‘n potensiële multi-put oliesoek-veldtog. Volgens die ooreenkoms kan Monitor Exploration ‘n aanvanklike 20 persent-belang in die lisensie verdien. Dit kan tot 45 persent styg, afhangende van sekere voorwaardes wat nagekom moet word.