Mondesa-pastoor vas vir onsedelike aanranding

Die polisie op Swakopmund sê ‘n klag van onsedelike aanranding is deur twee vroue, onderskeidelik 31 en 37 jaar oud, teen ‘n pastoor by die Christ Centre-bediening in Mondesa gemaak. Volgens die polisie het die 34-jarige pastoor salwingswater gebruik en gepoog om die vroue se borste, heupe en privaatdele daarmee in te vryf, onder die voorwendsel dat hy hulle genees en seën. Die pastoor is in hegtenis geneem en sal vandag op Swakopmund in die landdroshof verskyn.