Moltanthe vra taktiese benadering om korrupsie te beveg

Oud-president Kgalema Motlanthe beklemtoon ‘n doelgerigte en taktiese benadering om korrupsie aan te pak. Hy het gepraat op die Universiteit van Johannesburg se Teen-Korrupsiespitsberaad en die belangrikheid beklemtoon van etiese bestuur, sterk leierskap en die oppergesag van die reg. Motlanthe beklemtoon om korrupsie te pak vereis bewustelike oorweging van die grondoorsake en ‘n veelfasset-benadering, wat opvoeding insluit. Hy waarsku korrupsie ondergrawe openbare vertroue, ondermyn ekonomiese groei en verswak regstelsels. Hy vra gesamentlike optrede om instellings te versterk en geregtigheid vir almal te verseker.