Möller uitspraak in Julie verwag

Uitspraak in die saak van die moord op Walvisbaai-sakeman Hans-Jorg Möller word op 8 Julie verwag. Finale voorleggings is voor regter Dinah Usiku voltooi. Onder die vyf beskuldigdes is Panduleni Gottlieb wat van die moord aangekla word. Die saak spruit uit ‘n rooftog by Möller se huis op 17 Junie 2016. Gotlieb ontken dat hy in Walvisbaai op die noodlottige aand was maar die staat sê hy het Möller geskiet toe hy tot sy vrou en kinders se verdediging gekom het.