Moles by Afcon-wedstryd

Gisteraand se Afrikanasiesbeker-groepwedstryd tussen Tunisië en Mali is in omstredenheid gehul toe die Zambiese skeidsregter, Janny Sikazwe, die eindfluitjie twee keer geblaas het voor die einde van die vasgestelde tyd. Tunisië se plaasvervangers het op die veld gehardloop toe hy die wedstryd in die 85ste minuut wou beëindig terwyl Mali 1-0 voorgeloop het. Sikazwe het die wedstryd laat hervat, maar vier minute later weer die eindfluitjie geblaas. Dit het tot chaos op die veld gelei. Hy is in 2018 geskors ná bewerings van korrupsie. Mali is nou tweede in Groep F en Tunisië vierde.