Moise se weduwee onder die wat vas is vir sy moord

’n Haïtiaanse regter in beheer van die ondersoek na die sluipmoord in 2021 op die Karibiese land se laaste president, Jovenel Moise, het sowat 50 mense aangekla, insluitend sy weduwee en ’n voormalige eerste minister, volgens ’n dokument wat aan media uitgelek is. Luidens die dokument van 122 bladsye van regter Walther Wesser Voltaire, het die president se weduwee, Martine Moise, met die voormalige premier Claude Joseph saamgesweer om die president te vermoor om hom self te vervang. Moise is doodgeskiet toe gewapende mans die nag van 7 Julie 2021 by sy slaapkamer in Port-au-Prince ingebreek het, ‘n klopjag wat die voormalige presidentsvrou beseer het.