Mohamud weer verkies as Somaliese leier

Somalië se voormalige leier, Hassan Sheikh Mohamud, is weer as president verkies. Hy het die huidige president, Mohamed Abudallahi Farmajo, na drie stem-rondes uitgestof. Daar word berig die stemproses is weens veiligheidsredes beperk tot die 328 Somaliese parlementslede. Mohamud het 214 stemme gekry teenoor Farmajo se 110. Drie stembriewe was bedorwe en een parlementslid het buite stemming gebly. Mohamud, wat van 2012 tot 2017 ook president was, het belowe om die land te hervorm.