Mohamed Al-Fayed beskuldig van verkragting, seksuele aanranding
Verskeie vroue het die Egiptiese miljardêr Mohamed Al-Fayed van verkragting en seksuele aanranding beskuldig. Hy was die eienaar van die luukse Londense afdelingswinkel Harrods waar hulle gewerk het. Die bewerings, wat in ‘n BBC-dokumentêr en internetuitsending gemaak is, is die jongste teen invloedryke persoonlikhede, sedert die begin van die #MeToo-beweging in 2017. Fayed is verlede jaar op 94 oorlede. Meer as 20 vroue het met die BBC gepraat as deel van ‘n spesiale ondersoek na bewerings van aanranding en fisieke geweld by eiendomme in Londen en Parys.