Moet nooit geld aan polisie oorhandig!

Daar is ‘n toename in rooftogte deur individue wat hulle voordoen as polisie beamptes in gewone klere, waarsku die namibiese polisie. Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie sê die misdadigers gebruik ook die name van ware beamptes in die mag, en pers mense af om hulle nie op allerhande gewaande misdade te arresteer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba gepraat, wat sê mense moet nooit geld aan die polisie oorhandig nie, want dit is nie hoe hulle werk nie.