Moenie visvang met muskietnette!

Padelia Ngenokesho, die gesondheid-departement se streekhoof-omgewingsgesondheids-praktisyn, sê in ‘n oorsig van die malaria-situasie in die Oshikoto-streek dat ‘n totaal van 11 000 malariagevalle verlede jaar landswyd aangemeld is, met 300 gevalle in Oshikoto. Altesaam 186 gevalle is reeds vanjaar in die streek aangemeld, maar van die gevalle is deur inwoners se vriende en familie uit Angola ingevoer. Ngenokesho moedig die gebruik van muskietnette aan en sê mense moet ophou om die nette te gebruik om vis te vang of hoenderhokke mee te bou.