Moenie trekkende olifante steur nie!
Olifanttroppe in die weste van die land, insluitend dié van Etosha Nasionale Park en die Kunene-streek, migreer gewoonlik hierdie tyd van die jaar ooswaarts na die Caprivi-strook en die Kavango Zambezi-oorgrensbewaringsgebied. Gedurende die reënseisoen word gevind dat die olifante naby gemeenskappe in die binneland saamtrek. Kosmos 94.1 Nuus het met Rachel Harris van Elephant Human Relations Aid gepraat, wat die publiek aanmoedig om nie die olifante aggressief te maak wanneer hulle die diere sien nie, en die organisasie te kontak as hulle probleme ondervind.