Moenie op skakels in boodskappe kliek nie!

Sogenaamde “phishing”, of uitvissing, is ‘n manier waarop bedrieërs probeer om sensitiewe data, soos bankrekeningnommers, in die hande te kry deur hulle as ‘n wettige besigheid of betroubare persoon voor te doen. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sê die publiek moet versigtig wees vir verdagte skakels in boodskappe, sosiale media, of selfs telefoonoproepe wat beweer dat hulle van ‘tegniese ondersteuning’ afkomstig is. Kosmos 94.1 Nuus het met Khadijah Mouton, Standard Bank Namibia se bemarkingsbestuurder, gesels wat sê die publiek moet bewus wees van hierdie swendelary en moenie op enige skakel klik wat verdag lyk nie.