Moenie kla oor die plaaslike brandstofprys nie…

Kubane maak gereed vir erger ekonomiese swaarkry nadat die regering ʼn verstommende styging van 500 persent in brandstofpryse aangekondig het, met ingang 1 Februarie wat die prys per liter na 103 Namibiese dollar opstoot. Die kommunistiese regering sê dit is nodig om sy begroting te besnoei weens ʼn ernstige ekonomiese krisis wat vererger is deur die pandemie, Amerikaanse sanksies en strukturele swakhede. Amptelike beramings toon ʼn inflasiekoers van 30 persent verlede jaar en ʼn ekonomiese inkrimping van twee persent.