‘Moenie Hamas met alle Palestyne verwar nie’
Spanje waarsku die Europese Unie om nie Hamas met alle Palestyne te verwar nie. Die blok gaan die opskorting van hulp aan die Palestynse gebiede bespreek, na Hamas se ongekende aanvalle op Israel. Die waarnemende minister van buitelandse sake van Spanje, José Manuel Albares, sê die Palestynse gebiede sal waarskynlik binnekort meer hulp nodig hê ná Israel se vergeldingsaanvalle op die Gasa-strook. Volgens hom sal die opskorting van hulp teenproduktief wees. Al Jazeera berig ook dat die ministerie van buitelandse sake van Frankryk nie ten gunste is van die opskorting van hulp wat die Palestynse bevolking direk bevoordeel nie.