Moenie gesprekke opneem nie, dis onwettig
Die Landbouwerkgewersvereniging sê dit het onder sy aandag gekom dat gesprekke tussen werkgewers en werknemers toenemend deur een of albei partye opgeneem word. Die vereniging sê hierdie praktyk moenie aangemoedig word nie, aangesien dit onwettig is om ‘n privaat gesprek op te neem sonder die ander persoon se toestemming. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, oor die wettigheid van die opneem van gesprekke.