‘Moenie dat voedselwerkers honger ly nie’
Die globale Koalisie vir Behoorlike Werk vir Regverdige Voedselstelsels sê krisisse, soos konflikte en klimaatsverandering, lê die broosheid van voedselstelsels bloot en vererger landbou-werkers se swak werksomstandighede. Twee derdes van die wêreld se hongeres en vier-uit-vyf mense wat onder die armoedegrens leef, woon in landelike gebiede. Die koalisie sê al voed hulle die wêreld, is die mense wat in die voedselstelsel werk dikwels self arm en ly honger. Hy sê hy erken die behoefte aan behoorlike indiensneming in die landbou-sektor, insluitend lone wat genoeg is om ‘n gewone lewenstandaard te handhaaf.