Moenie by die Wêreldbank, IMF leen nie – EFF

Die EFF in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om nie aansoek te doen vir lenings by die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank nie. Die party is oortuig hierdie lenings sal Suid-Afrika vasvang in ‘n skuld-siklus. Die party het gister voor die begrotingsrede in Kaapstad betoog teen die lenings. Die EFF se adjunkpresident, Floyd Shivambu, sê om lenings van imperialistiese organisasies te neem sal nadelig wees vir die land se ekonomie: