Moenie betoog vir dienslewering as jy nie rekenings betaal nie

Dit het aan die lig gekom dat inwoners van Katima Mulilo die dorpsraad sowat 120 miljoen Namibiese dollar skuld aan munisipale dienste. Die syfer is bekend gemaak nadat die inwoners opgeruk het om beter dienslewering, paaie en infrastruktuur te eis, sowel as die afdanking van die raad se bestuurslede. Die inwoners is deur die voorsitter van die bestuurskomitee John Ntemwa ingelig dat daar nie beter paaie gebou kan word nie en erwe kan nie gediens word as die dorpsraad nie geld het nie en hy het nie geld nie omdat inwoners nie hulle rekenings betaal nie.