Moenie ander mense seermaak nie, sê aktivis

Geweld teen vroue en meisies is een van die wêreld se mees algemene menseregteskendings, wat telke male elke dag in elke uithoek van die wêreld plaasvind. Wêreldwyd word byna 1 uit 3, of 30 persent van vroue onderwerp aan fisieke en/of seksuele geweld. Die probleem is ook algemeen in Namibië en volgens die sosiale aktivis Rosa Namises neem geslagsgebaseerde geweld en verkragtingsake toe. Kosmos 94.1 Nuus het met Namises gepraat, wat ‘n boodskap aan oortreders lewer.