Moeilikheid, gevaar begin wanneer kinders alleen gelaat word 

Lifeline Childline sê verskeie gerapporteerde voorvalle het al bewys dat kinders nie sonder toesig alleen by die huis gelaat kan word nie. Dit lei gereeld tot ongelukke of tragiese gebeure soos verkragting, verdrinking, huise wat afbrand en meer. Om ‘n kind in die sorg van ‘n ander kind te laat is ook onaanvaarbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met ‘n openbare spreker, Rivaldo Kavanga, oor die kommerwekkende gewoonte van sekere ouers om hul kinders alleen te laat.