Moedertaal-uitslae wek kommer
Die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak en Gevorderde Vlak eksamenuitslae is vandag bekend gemaak. Alhoewel daar ‘n effe verbetering is vir eerste taal vakke in A-simbole, B-simbole en C-simbole is daar ‘n toename aan leerders wat D-simbole gekry het vir hulle moedertale. ‘n Parlementslid van die Landless People’s Movement, Utaara Mootu, het haar kommer op sosiale media daaroor uitgespreek. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dit is belangrik vir ouers om Namibiese tale en kultuur oor te dra aan die volgende geslag.