Modise sê sy sal sterf as ANC-lid

Die buurland se verdedigingsminister, Thandi Modise, het berigte dat sy bedank het, ontken en beskryf dit as vals en belaglik. ʼn Artikel in Opera News Hub beweer Modise het haar pos in die Kabinet verlaat en uit die ANC bedank om by die pasgestigte uMkhonto we Sizwe-party van oudpresident Jacob Zuma aan te sluit. Modise sê sy beskou die berigte as barbaarse maniere om ʼn wig in te dryf, eenheid in die ANC te ondermyn en onstabiliteit in die regering te skep: