Modi vat derde termyn in Indië

Indië se eerste minister, Narendra Modi, het ‘n oorwinning vir sy BJP-geleide alliansie in die verkiesing verklaar, hoewel hulle ver kort is van die 400 setels wat hy wou wen. Die laaste stemme word nog getel. Die alliansie lei in net minder as 300 setels, terwyl opposisiepartye voor is in ongeveer 230. ’n Party of alliansie wat meer as 272 setels in die parlement van 543 lede wen, kan ‘n regering vorm. Modi het in Delhi gepraat en belowe om armoede te beëindig. Die wêreld se grootste verkiesing is oor ses weke in sewe fases gehou, met byna ‘n miljard mense wat geregistreer was om te stem.