Mnyupe gesels ekslusief met Kosmos 94.1 oor Daurês-projek

Die Daurês Groen-waterstofprojek is tans in sy eerste fase wat na verwagting teen die tweede kwartaal van volgende jaar voltooi word. Daar is groot hoop vir die aanleg maar, daar is kommer oor watervoorsiening. Tans is die projek in sy toetsfase so boorgate is voldoende – al is daar kommer oor die uitputting van bronne in die droë gebied van die land. In ‘n eksklusiewe onderhoud met Jeanette Diergaardt van Kosmos 94.1 Nuus, het die Groen-kommissaris, James Mnyupe die kwessie so aangespreek.

Hy sê ontsouting sal in die kommersiële produksie van groen-waterstof benut word, ook in die suide met Hyphen Energy se projek omdat die koste van ontsoute water steeds baie goedkoper is as die koste om waterstof te vervaardig.