Mnr. Gay Namibië in hospitaal na messteke

Die voormalige Mnr. Gay Namibië, Wendelinus Hamutenya, is volgens berigte vier keer met ‘n mes in sy borskas en linkerarm gesteek en in ‘n hospitaal opgeneem. Sy man, Immanuel Jeremiah, is in hegtenis geneem en in aanhouding in die Wanaheda-polisieselle in die hoofstad.