Mnangagwa ‘dreig’ met inentings
Zimbabwe het reeds 1,635 miljoen dosisse Covid-entstof ontvang maar net 123 000 persone is sedert die eerste besending wat in Februarie aangekom het, ingeënt. Die regering hoop om teen die einde van die jaar 10 miljoen van sy 15 miljoen inwoners te ent. President Emmerson Mnangagwa het wat beskryf word as ‘n versteekte waarskuwing uitgereik dat mense ingeënt moet word om byvoorbeeld openbare vervoer te gebruik. Setfree Mafukize, ‘n Politieke Ontleder in die buurland het sy reaksie so verwoord…