Mmmmm lekker nuwe rys en vleis … of liewer nie?

In ‘n klein laboratorium in Seoel, Suid-Korea spuit ‘n span wetenskaplikes gekweekte beesvleis-selle in individuele ryskorrels in, in ‘n proses wat hulle hoop kan in ‘n rewolusie teweegbring in hoe die wêreld eet.

Van hulp om hongersnood te voorkom tot die voeding van ruimtevaarders, glo spanleier professor Hong Jin-kee sy nuwe sogenaamde “vleisrys” kan ‘n eko-vriendelike, etiese manier word vir mense om hul proteïene in te kry.

Geen diere was benadeel in die skepping van die gereg nie, wat soos ‘n gewone bak rys lyk al is dit pienk. Dit gee ook ‘n ligte botteragtige reuk af weens die rys wat propvol bees-spier- en vetsel-kultuur is.

“Deur gekweekte vleis te gebruik, kan ons dierlike proteïen verkry sonder om vee te slag,” het Hong, van Seoel se Yonsei-universiteit, aan AFP nuus gesê.

Maatskappye wêreldwyd poog nou om vleisalternatiewe soos plantgebaseerde of gekweekte vleis te kommersialiseer, weens etiese kwessies rondom industriële veeteel en slagting. Daai is ook omgewingsbekommernisse wat verband hou met die sogenaamde kweekhuisgasvrystellings van diere-boerdery.

Hong se proses is tans tydrowend. ‘n Ryskorrel word bedek met vis-gelatien om te help met hegting, dan word ryskorrels individueel met beesvleis-selle ingespuit voordat dit vir tot 11 dae in ‘n petri-skottel gekweek word.

Fotos verskaf.