MK veroordeel Israel se beplande grondinval in Libanon

Die MK-party het enige vorm van grondinval deur Israel in Libanon veroordeel. Meer as 50 mense is dood in die aanvalle, twee dae na Israel se sluipmoord op die Hisbolla-leier Hassan Nasrallah in Beiroet. Die lugaanvalle het dalk reeds soveel as ‘n miljoen mense reg oor Libanon uit hulle huise verdryf. Wesley Douglas van die MK-party sê Israel se aggressiewe optrede is ‘n gevaarlike eskalasie wat die hele wêreld in wydverspreide konflik kan dompel: