MK trek uitdaging van uitslae terug

Die MK-party het sy aansoek by die Verkiesingshof in Bloemfontein om die 2024-verkiesingsuitslag ongeldig te verklaar, teruggetrek. Die party beweer die uitslag wat die Verkiesingskommissie verlede maand bekend gemaak het, was nie vry en regverdig nie. Hy beweer hy het bewyse van ernstige verkiesingsonreëlmatighede. Die MK-party het die hof gevra om die uitslag nietig te verklaar en geëis dat ʼn nuwe verkiesingsdatum vasgestel word. Die party sê hulle het meer tyd nodig om omvattende verslae voor te berei deur ʼn deeglike assessering van die OVK se verkiesingsuitslag.