MK-partyleier, Jacob Zuma, gaan SA toespreek
Die president van die MK-party, Jacob Zuma, spreek môre die land toe in ‘n belangrike nuuskonferensie in Johannesburg. Hy sal die huidige politieke landskap en die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid bespreek en verskeie onderwerpe aanraak. Hy sal ook die land se toekomstige trajek uiteensit. Die party het die eerste sitting van die sewende parlement misgeloop weens regskwessies met die Verkiesingskommissie.