MK Party, Zuma moet wegbly van Chris Hani se graf

Die struggle-veteraan Chris Hani se weduwee, Limpho, het oudpresident Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe Party gewaarsku teen die misbruik van haar familienaam in hul verkiesingsveldtogte. Alex Mashilo van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê Hani het ook versoek MK-partylede moet van haar man se graf wegbly. Zuma en die MK Party beplan glo om die voormalige SAKP-leier se graf aan die Gautengse Oos-Rand te besoek. Mashilo dra Hani se boodskap duidelik oor dat haar oorlede man nooit met korrupte bedrieërs sou assosieer nie.