MK-party nou in Verkiesingshof oor Zuma

Die uMkhonto we Sizwe-party glo die bevestiging van die Verkiesingskommissie se beswaar teen voormalige president Jacob Zuma se kandidaatskap verteenwoordig basies die skending van ‘n indiwidu se reg om aan die politiek deel te neem. Die party nader die Verkiesingshof om die OVK se besluit uit te daag om Zuma te verbied om deel te neem aan die verkiesing. In sy betoog het die party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, die hantering van Zuma se tronkstraf gekritiseer, en gesê hy is sy grondwetlike reg tot ‘n regverdige verhoor ontneem.