MK-party, ANC stamp koppe oor registrasie
Die uMkhonto we Sizwe-party moedig die Verkiesingshof aan om sy registrasie te behou, met die Verkiesingkommissie wat aanvoer die hof het nie jurisdiksie om die saak aan te hoor nie. Die ANC en voormalige president Jacob Zuma se nuwe party stamp in Bloemfontein koppe oor die party se registrasie. Die ANC voer aan die MK-party se registrasie was onregmatig weens onbehoorlike publikasie en dat sy registrasie-aansoek later aangevul is. ANC-regsverteenwoordiger Tshidiso Ramogale voer aan die adjunk-hoofverkiesingsamptenaar Mawethu Mosery se besluit om die MK-party te registreer, was onreëlmatig.