MK-lede is ook ANC-lede

Die MK-party sê sy lede, voormalige president Jacob Zuma ingesluit, is steeds lede van die ANC. Die woordvoerder van die party, Nhlamulo Ndhlela, sê hulle sal aanhou om enige ruimte wat nog oorbly binne die ANC te gebruik om wat hulle noem die agente van wit monopolie-kapitaal wat die land wil terugneem na apartheid, te ontbloot. Ndhlela sê hulle sal verslaan word.