MK appelleer om Zuma op stembrief te hou

Die uMkhonto weSizwe Party het appèl aangeteken in die Verkiesingshof teen die besluit van die Verkiesingskommissie om oudpresident Jacob Zuma van sy kandidatelys te verwyder. Verlede week het die kommissie ‘n beswaar gehandhaaf teen Zuma se kandidatuur, wat beteken dat hy gediskwalifiseer word om vir wetgewersetels te staan in die komende algemene verkiesing. Die MK-party het die kommissie daarvan beskuldig dat hy nie kragtens die wet optree in die hantering van besware teen benoemde kandidate nie.