Miskruiers wys hul liefde deur vrag te deel

‘n Professor aan die Universiteit van die Witwatersrand, Marcus Byrne, sê voor hulle paar, werk sommige miskruier-mannetjies en wyfies saam om hul broei-bolletjies na ‘n onbekende plek te skuif. Miskruiers is bekend daarvoor om die mis vir verskeie gebruike te versamel. Een hiervan word ‘n broei-bolletjie genoem, wanneer hulle ‘n eier in elke bal lê, nadat hulle dit begrawe het. Die bolletjie is dan ‘n voertuig wat die volwasse kewers gebruik om hul gene na die volgende generasie oor te dra.